Rensburg VLU se lede het hul Juniemaand vergaderig by die pragtige geskiedkundige Oak View Manor gehou.
Dié statige ou dame met haar ikoniese Kaaps-Hollandse boustyl, is vanjaar 104 jaar oud.
Die pragtige interieur van Oak View Manor het mooi ingeval met die geskiedkundige tema van die vergadering.
Die gaste is
met 'n 'high tea' (die bekende Her Majesteas Salon word vanuit dié huis bedryf) in die formele eetkamer onthaal.
Dina De Vine (eienaar) het die dames meer oor die statige ou dame vertel.
Haar ouers (Erasmus) het die pragtige huis (wat in 1917 gebou is) in die 1960s gekoop en Dina het in die huis grootgeword.
Die dames kon hulself verlustig aan die talle vertrekke wat met nostalgie van die verre verlede vertel.
Terwyl die dames die 'high tea' geniet het, het Elmarie Eygelaar hulle meer oor Heidelberg se plekke van geskiedkundige belang, vertel.
Elmarie het in kort meer vertel oor plekke soos die Klipkerk wat in 1891 ingewy is.
Laer Volkskool het ontstaan toe daar vir 26 oorlogswesies
in die kelder van die Klipkerk skool gehou is.
Later is die pragtige sandsteen skoolgebou opgerig en Hoër Volkskool is 'n paar jaar later gebou.
Heidelberg was ook bekend vir die Heidelbergse Onderwys Kollege wat ná sy sluiting in 'n leërgimnasium omskep is.
Die ou stasiegebou staan vandag bekend as die Heidelberg Heritage Museum en die Bakoond in HF Verwoerdstraat (wat oor 'n fontein gebou is om dit vir die Britse magte weg te steek) getuig van die Boere se oorlewing tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Die ou Pastorie van die Klipkerk is in 1897 in die laat Victoriaanse styl gebou.
Dit is hier waar Charlotte Louw op 27 Oktober 1921 'n mandjie rose uit die bekende Afrikaanse digter, Dr AG Visser, se tuin ontvang het.
Dr AG Visser en Heidelberg is sinoniem met mekaar en hier is steeds talle geboue en monumente wat van sy verblyf in die geskiedkundige dorp vertel.
Die rose aan Charlotte was ook die oorsprong van die gediggie 'Liefste Tannie ons bring Rosies'.
Die Visser-kinders Andries en Annetjie, het gaan dankie sê vir die buurtannie (Charlotte) vir die poeding wat sy vir hulle gemaak het toe hulle siek was.
Dan is daar die AG Visser-huis waar die geliefde digter en dokter van 1916 tot met sy afsterwe in 1929 gewoon en gewerk het.
Dit is gepas dat die huis tans weer as die spreekkamers van twee plaaslike dokters ingespan word.
Dr AG Visser se graf kan ook in die Ou Kloof Kerkhof besoek word.
Die dames het ná hul kuier by Oak View Manor die kans gekry om die ou begraafplaas te besoek.
Elmarie het ook meer vertel oor die geskiedenis van die Ou Tronk (wat in 1888 opgerig is) asook die ou Stadsaal wat in 1939 gebou is met Gerhard Moerdijk as die argitek.
Indien jy meer oor Rensburg VLU wil uitvind of hul vergaderings as 'n gas wil bywoon, of as lid wil aansluit, kan Jeanie Boshoff by 083 300 3171 geskakel word.
Met die Covid-19 gevalle wat drasties in veral Gauteng toegeneem het, het die dames besluit om hul Julie-vergadering af te stel.
Rensburg VLU se lede het hul Juniemaand vergadering by die pragtige Oak View Manor gehou.
Hier kuier die dames gesellig saam in die formele eetkamer waar 'n high tea voorgesit is.
Die dames is hier saam met die eienaars van Oak View Manor, die Kaaps-Hollandse huis wat meer as 100 jaar oud is.
Rina Gibhard (regs) het van Devon VLU vir die dag saam met Rensburg VLU se dames gekuier.
Hier oorhandig Jeanie Boshoff aan haar 'n verwelkomingsgeskenk.
Stienie Venter (regs) ontvang 'n geskenkpak van Babsie Knoesen.
Elmarie Eygelaar het die dames meer oor die geskiedenis van Heidelberg vertel.
Die eienaar van Oak View Manor, Dina De Vine gesels met Jeanie Boshoff en Petra Basson.
Babsie Knoesen en Hannetjie du Plessie in die pragtige eetkamer van Oak View Manor.
Die VLU dames het heerlik saam gekuier.
Hier is Trudie Potgieter, Celeste Mulder en Driekie Jansen van Rensburg.
Babsie Knoesen (links) bedank Elmarie Eygelaar vir haar geskiedkundige praatjie.
Esra Leibold en Lilian van Straaten het heerlik saam gekuier.
Maggie Kriel en haar moeder Annna by Rensburg VLU se Juniemaand vergadering.
Babsie Knoesen, Driekie Jansen van Rensburg en Celeste Mulder bewonder een van die vertrekke van Oak View Manor.
Die muurpapier laat die formele eetkamer van Oak View Manor soos 'n pragtige ou biblioteek vertoon.
Wanneer jy by Oak View Manor instap, voel dit of jy in tyd terugstap.
Lilian van Straaten en Maggie Kriel het die hitte van die kaggel opgesoek.
Oak View Manor het ook 'n pragtige ou akkerboom wat meer as 100 jaar oud is.
Die dames het ná hulle kuier by Oak View Manor, 'n draai by die ou Kloof begraafplaas gemaak.
Hier is hulle by Afrikaanse digter, Dr AG Visser se graf.
TAP IMAGE/S BELOW TO EXPAND
Swipe images left/right or click image to preview article.
LOCAL SECURITY COMPANY APPREHENDS “MAIZE THIEVES”...
KLEIN HEIDELBERG-SEUNTJIE VERLOOR DAPPER SIEKTESTRYD...
KOMMER OOR MYN WAT TUSSEN HEIDELBERG EN NIGEL BEPLAN WORD...
VOLKIES BUS RECOVERED...
Hoër Volkskool Heidelberg BUS STOLEN - BOLO...
MURDER OF HAWKS COLONEL STRONGLY CONDEMNED...
VEHICLE ENDS UP IN RIVER DESPITE BARRIER TAPE WARNING...
PRAYERS OFFERED UP FOR LITTLE NJABULO WHO IS STILL MISSING...
RENSBURG ACCIDENT CLAIMS YOUNG LIFE...
VAAL SEZ DEVELOPMENT IN LESEDI CLOSE TO REALIZATION...
Rand Water DEEPLY CONCERNED ABOUT DEFAULTING MUNICIPALITIES...
HEIDELBERG RESIDENTS GIVE EMPHATIC THUMBS DOWN TO NEW EXTENTION 24 DEVELOPMENT...
MAJOR BREAKTHROUGH BY HEIDELBERG SAPS IN FIGHT AGAINST CRIME...
KLEIN ETHAN IS TUIS!...
SUCCESSFUL GRADING EVENT HELD AT Ability Academy...
MINISTER LAUNCHES WORKING FOR WATER PROGRAMME IN HEIDELBERG...
UITERS SIEK 10-JARIGE BENODIG GEBED...
ETHAN VORDER MOOI!...
CRIMINAL BROUGHT TO JUSTICE AFTER CHASE...
HIJACKERS SUCCESSFULLY APPREHENDED...
More Latest & Breaking News from Across South Africa
Click here to Edit social accounts