Hy is 'n glimlaggende baba soos enige ander kind van sy ouderdom, maar klein Marnu moet dringend 'n ortopetiese helm kry wat sy ouers R12 000 uit die sak gaan jaag.
Baba Marnu is met brachycephaly en plagiocephaly sindroom gediagnoseer.
Sy agterkoppie het
skeef gevorm en 'n spesiale kopskerm sal help om sy koppie reg te help groei.
Annesta Viviers (31) vertel dat sy 'n moeilike swangerskap gehad het.
Die dokter het uitgevind dat Marnu 'n brugbaba is en toe hy onverwags op 6 Desember sy verskyning maak, was hy een maand te vroeg gebore.
Marnu is Annesta en JP (30) se tweede kind.
Hulle het ook 'n dogtertjie, Lezli wat twee jaar oud is.
Annesta vertel dat Marnu net ná geboorte blou was weens sy temperatuur wat te laag was.
Gelukkig het sy temperatuur opgetel en dit was nie nodig dat hy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem moes word nie.
Sy ouers het op drie maande besef dat Marnu se lyfie
baie styf is en dat sy agterkoppie skeef trek.
Dit is veroorsaak deur die sittende posisie waarin hy homself in die baarmoeder (as brugbaba) bevind het.
Met die hulp van fisioterapie gaan dit al baie beter met Marnu se stywe spiertjies en sy lyfie begin reg trek.
Sy koppie het egter nie reggekom nie en hy is na Dr Henk Human (Ortopediese Prostetikus) in Pretoria, vir helmterapie verwys.
Helmterapie behels die dra van 'n helm (Cranial Protective Helmet) wat presies vir Marnu se skedel gepas en gemaak word, wat sy koppie sal help om reg te groei.
Gedurende die eerste jaar van 'n baba se lewe, verdubbel die brein in grootte en dit is dus belangrik dat Marnu nou die kopskerm moet gebruik.
Indien 'n baba se skedel nie na wense groei nie, kan dit later in sy lewe tot groter probleme soos epileptiese aanvalle ly.
Babas word vinnig gewoond aan die helm wat amper niks weeg nie.
Dit moet egter elke week deur die prostetikus verstel word soos Marnu se koppie groei.
Indien alles goed gaan, is die verwagting dat Marnu die helm slegs tussen drie en vyf maande sal hoef te dra. Die kopskerm kos egter R12 000 en word nie deur die gesin se mediese fonds gedek nie.
Die jong egpaar het ook fondse nodig vir Marnu se weeklikse fisioterapie en besoeke aan Dr Human om die helm te verstel.
Dit word ook nie deur hul medies gedek nie tensy Marnu in die hospitaal opgeneem word.
Dit sal beteken dat die klein baba vir lang tye in die hospitaal sal moet bly.
Annesta het haar werk by 'n kleuterskool bedank om voltyds na Marnu om te sien en die gesin is afhanklik van een inkomste.
Afmetings van Marnu se koppie is reeds geneem, maar sy ouers moet R12 000 op 15 Junie betaal, voor Marnu sy helm kan ontvang.
Indien jy vir Marnu en sy ouers met fondse kan bystaan, kan Annesta by 067 296 1247 of JP by 081 525 9796 geskakel word.
Dit is hoe die sindroom en Cranial Helm beskryf word.
Baba Marnu se agterkoppie het skeef in die baarmoeder gegroei.
Baba Marnu is 'n gelukkige, vriendelike klein knapie.
'n Voorbeeld van die kopskerm wat Baba Marnu moet ontvang.
TAP IMAGE/S BELOW TO EXPAND
Swipe images left/right or click image to preview article.
LOCAL SECURITY COMPANY APPREHENDS “MAIZE THIEVES”...
KLEIN HEIDELBERG-SEUNTJIE VERLOOR DAPPER SIEKTESTRYD...
KOMMER OOR MYN WAT TUSSEN HEIDELBERG EN NIGEL BEPLAN WORD...
VOLKIES BUS RECOVERED...
Hoër Volkskool Heidelberg BUS STOLEN - BOLO...
MURDER OF HAWKS COLONEL STRONGLY CONDEMNED...
VEHICLE ENDS UP IN RIVER DESPITE BARRIER TAPE WARNING...
PRAYERS OFFERED UP FOR LITTLE NJABULO WHO IS STILL MISSING...
RENSBURG ACCIDENT CLAIMS YOUNG LIFE...
VAAL SEZ DEVELOPMENT IN LESEDI CLOSE TO REALIZATION...
Rand Water DEEPLY CONCERNED ABOUT DEFAULTING MUNICIPALITIES...
HEIDELBERG RESIDENTS GIVE EMPHATIC THUMBS DOWN TO NEW EXTENTION 24 DEVELOPMENT...
MAJOR BREAKTHROUGH BY HEIDELBERG SAPS IN FIGHT AGAINST CRIME...
KLEIN ETHAN IS TUIS!...
SUCCESSFUL GRADING EVENT HELD AT Ability Academy...
MINISTER LAUNCHES WORKING FOR WATER PROGRAMME IN HEIDELBERG...
UITERS SIEK 10-JARIGE BENODIG GEBED...
ETHAN VORDER MOOI!...
CRIMINAL BROUGHT TO JUSTICE AFTER CHASE...
HIJACKERS SUCCESSFULLY APPREHENDED...
More Latest & Breaking News from Across South Africa
Click here to Edit social accounts